STUDIEHULP

VRA vir studiehulp!


Eksklusief vir VRA-studentelede. Lidmaatskap is gratis. VRA-studentelidmaatskap gee die volgende geslag Afrikaanse regsleiers se loopbaandrome in die regswêreld ʼn hupstoot.

Wie kwalifiseer vir studiehulp?
Studente wat regte studeer kwalifiseer vir VRA studiehulp indien hulle lid is van die VRA. VRA lidmaatskap is GRATIS vir studente, jy moet net registreer.

Die VRA help graag studente wat REGTE wil studeer en hul studies in Afrikaans wil doen.
Ons gee voorkeur aan behoeftige studente en studente wat hul studies by Akademia doen.

SMS “VRA STUDENT” gevolg deur jou naam en e-posadres na 34802 vir meer inligting. R2/SMS.

VRA om ʼn Afrikaanse regstudent se loopbaandrome te bewaarheid.


Dra by tot die VRA-studiefonds. Ons help die regslui van môre om in Afrikaans te studeer!

Jy kan ʼn Artikel 18(A)-belastingsertifikaat vir jou VRA-studiehulpbydrae aanvra.
Stuur ʼn e-pos na melanie@helpendehand.co.za

SMS “VRA STUDIEHULP” gevolg deur jou naam en e-posadres na 34802 vir meer inligting. R2/SMS.